Hofsaak teen Eugene Terre Blanche se moordenaars

‘Baie bloed, beserings’ en gesteelde kabels
Geskryf deur sapa
Woensdag, 12 Oktober 2011 14:34
Die AWB-leier Eugene Terre’Blanche het “baie beserings”, bloed op sy gesig en ‘n panga op sy bors gehad toe hy dood aangetref is, het ‘n polisiebeampte Woensdag getuig.
Sers. Jack Ramonyane het in die rondgaande hof op Ventersdorp gesê Terre’Blanche se lyk het in sy plaashuis op ‘n bed gelê. Hy is die vyfde getuie wat die twee moordbeskuldigdes uitgewys het.

Hy het gesê die mure en ‘n staalpyp was met bloed bevlek.

Die plaashuis was gesluit toe Ramonyane by die moordtoneel opgedaag het. ‘n Nooddienswerker van EMS het die deur oopgemaak.

Ramonyane sê hy het nie dadelik ingegaan nie.

“Van Heerden [van EMS] het gevra dat ons wag voor ons ingaan aangesien dit binne die huis donker was. Daar was honde binne en hy het aangedui dat die honde ons kan byt…”

Hy sê Van Heerden het ‘n toe flitslig gebruik.

In daardie stadium was die twee beskuldigdes – Chris Mahlangu (28) en ‘n minderjarige – in die polisievoertuig wat buite die huis gestaan het.

Ramonyane sê hy het hulle na die huis geneem nadat hulle erken het dat hulle Terre’Blanche doodgemaak het.

meer op praag.

This entry was posted on Wednesday, October 12th, 2011 at 2:06 pm and is filed under Uncategorized. You can follow any responses to this entry through the RSS 2.0 feed. You can leave a response, or trackback from your own site.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.